Ian Kershaw

Ian Kershaw
Kershaw by die 2012 Leipzig Boekskou
Gebore29 April 1943
Oldham, Manchester, Engeland
NasionaliteitVlag van Engeland Engeland
Alma materUniversiteit van Liverpool, Merton College, Oxford
BeroepSkrywer, historikus
Bekend virStudies van Duitse maatskaplike geskiedenis, veral Alltagsgeschichte, en die bevordering van die "Werkende na die Führer" konsep
EggenootBetty Kershaw

Sir Ian Kershaw (gebore op 29 April 1943) is 'n Engelse geskiedkundige en skrywer wie se werk hoofsaaklik gerig is op die maatskaplike geskiedenis van 20ste eeuse Duitsland. Hy word deur baie beskou as die wêreld se mees vooraanstaande kenner betreffende Adolf Hitler en die Duitsland van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty, en is veral bekend om sy biografieë van Hitler.[1]

Hy was die leidende "dissipel" van die Duitse historikus Martin Broszat, en (tot sy aftrede) professor by die Universiteit van Sheffield. Kershaw het Broszat 'n "inspirerende mentor" genoem wat baie gedoen het om sy begrip van Nasionaal Sosialistiese Duitsland te vorm.[2] Kershaw het as historiese adviseur op verskeie BBC dokumentêre programme gedien soos The Nazis: A Warning from History en War of the Century. Hy het onderrig gegee in 'n module genaamd "Germans against Hitler".[3]

  1. Sir Ian Kershaw: Dissecting Hitler; BBC News; 14 Junie 2002.
  2. name="Kershaw 2004">Kershaw, Ian (Februarie 2004). "Beware the Moral High Ground". H-Soz-u-Kult. Besoek op 5 Mei 2009.
  3. name=Arana2008>Arana, Marie (19 Oktober 2008). "Ian Kershaw: Casting light on the shadows". The Washington Post Book World. p. 11.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search